Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 16:1-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Die redevoering van die verstand is van die mens, maar die antwoord van die tong kom van יהוה.

2. Al die lewenswyses van ’n man is suiwer in sy eie oë, maar יהוה toets die gees.

3. Vertrou jou dade aan יהוה toe, dan sal Hy jou planne vestig.

4. יהוה het alles gemaak vir die doel van hulle wat na Hom luister, maar die bose word gehou vir die dag van katastrofe.

5. Elkeen wat trots is in sy verstand, wil en emosie, is verwerplik vir יהוה en alhoewel hy hand in hand met sy naaste gaan sal hy nie verskoon word nie as gevolg van hierdie boosheid.

6. Deur liefdevolle goedheid en waarheid word morele boosheid gereinig en respekvolle vrees vir יהוה laat mense afwyk van boosheid.

7. Wanneer ’n man se lewenswyse volgens יהוה se wil is, sal hy selfs met sy vyande regmaak.

8. Eerder ’n bietjie, saam met onpartydige opregtheid, as ’n groot opbrengs, onregverdig ingebring.

9. Die verstand, wil en emosie van die mens beplan sy lewenswyse, maar יהוה vestig sy voetstappe.

10. Goddelike openbaring is op die lippe van die koning; sy mond oortree nie in oordeel nie.

11. Die gewig van ’n regverdige weegskaal, is יהוה se oordeel; al Sy werke is regverdige gewigte.

12. Konings wat moreel oortree, is verwerplik, want ’n troon word gevestig deur onpartydige opregtheid.

13. Die lippe van ’n onpartydige en opregte man is ’n vreugde vir die koning en hy het die woorde van die opregte lief.

14. Die woede van die koning is soos boodskappers van die dood, maar ’n wyse man sal dit tot bedaring bring.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 16