Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 15:8-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. Die offers van die bose is verwerplik vir יהוה, maar die gebed van die opregtes is Sy vreugde.

9. Die lewenswyse van die bose is ’n verwerplikheid vir יהוה, maar Hy het hom lief wat onpartydige opregtheid navolg.

10. Die tugtiging van die wat nie boosheid erken nie is bekend, maar hy wat teregwysing haat, sal sterf.

11. Sh’ol en vernietiging is voor יהוה, hoeveel te meer nie die verstand, wil en emosie van die mens nie!

12. Die bose man hou nie van een wat hom bestraf nie en hy sal ook nie saam met die wyse loop nie.

13. ’n Vrolike verstand wil en emosie maak ’n blymoedige gesig, maar deur smart van die verstand, wil en emosie is die gees gebroke.

14. Die verstand wil en emosie van die regverdige soek kennis, maar die mond van die dwase uiter boosheid.

15. Al die dae van die arme is gevul met probleme, maar hulle wat ’n blymoedige verstand, wil en emosie het, het ’n voortdurende rustigheid.

16. ’n Klein bietjie, saam met respekvolle vrees vir יהוה, is beter as die groot skatte van die bose.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 15