Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 15:28-33 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

28. Die verstand, wil en emosie van die regverdige oordink in waarheid, maar uit die mond van die bose stroom bose dinge.

29. יהוה is ver van die bose, maar Hy hoor die gebed van die regverdiges.

30. Die lig van die oë verbly die binneste en ’n goeie tyding maak die gebeente vet.

31. Die oor wat teregwysing tot die lewe hoor en dit doen, vertoef onder die wyses.

32. Hy wat teregwysing verwerp, verag sy eie lewe, maar hy wat luister na teregwysing, verkry wysheid.Heb 12:5-11

33. Respekvolle vrees vir יהוה is die teregwysing van lewe en die lof en eer van die nederige gaan voor hom uit.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 15