Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 15:18-32 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

18. ’n Humeurige man verwek twis, maar hy wat stadig is om kwaad te word, bring vrede in ’n stryery.

19. Die lewenswyse van die luiaard is vol dorings, maar die pad van die opregtes is eenvoudig.

20. ’n Wyse seun maak sy vader gelukkig, maar ’n dwase seun is ’n vernedering vir sy moeder.

21. ’n Dwase man het ’n gebrek aan insig, maar ’n man van insig leef opreg.

22. Hulle wat onverdiende respek vir raadgewing het, faal om die doel daarvan te waardeer, maar deur die veelheid van raadgewers, word die raad bevestig.

23. ’n Man se vreugde word openbaar deur die woorde van sy mond en hoe goed is dit vir hom wat op die regte tyd praat!

24. Die pad van die lewe gaan opwaarts vir die wyse sodat hy mag wegkom van die dieptes van Sh’ol.

25. יהוה sal die huis van die trotsaards vernietig, maar Hy sal die besittings van die weduwee verseker.

26. Bose gedagtes is verwerplik vir יהוה, maar suiwer woorde is vir Hom aangenaam.

27. Hy wat omkoopgeld aanvaar, vernietig sy eie lewe, maar hy wat omkoop haat, sal lewe.

28. Die verstand, wil en emosie van die regverdige oordink in waarheid, maar uit die mond van die bose stroom bose dinge.

29. יהוה is ver van die bose, maar Hy hoor die gebed van die regverdiges.

30. Die lig van die oë verbly die binneste en ’n goeie tyding maak die gebeente vet.

31. Die oor wat teregwysing tot die lewe hoor en dit doen, vertoef onder die wyses.

32. Hy wat teregwysing verwerp, verag sy eie lewe, maar hy wat luister na teregwysing, verkry wysheid.Heb 12:5-11

Lees volledige hoofstuk Spreuke 15