Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 15:1-5 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. ’n Sagte antwoord draai die woede weg, maar ’n harde woord wek woede op.

2. Die tong van die wyse gebruik kennis reg, maar die mond van dwase spoeg vloeke uit.

3. Die oë van יהוה is op elke plek en let op na die slegtes en die goeies.

4. ’n Helende tong is ’n boom van lewe en hy wat van sy vrugte eet sal daardeur gevul word.

5. Die dwaas verag die dissipline van sy vader, maar hy wat op die teregwysing ag gee, is wys.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 15