Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 14:5-23 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. ’n Betroubare getuie sal nie bedrieg nie, maar ’n valse getuie sal leuens vertel.

6. Die bose man soek wysheid en kry dit nie, maar kennis is maklik vir die man van insig.

7. Alles is ’n hindernis vir ’n dwase man, maar die lippe van die wyse man is soos ’n wapen.

8. Die wysheid van die skrandere is om sy lewenswyse te verstaan, maar die lewenswyse van dwase is bedrog.

9. Waarlik, die huise van die dwase benodig reiniging, maar die huishouding van die regverdiges is aanvaarbaar.

10. Dwase doen sonde, maar die seuns van die opregte het welwillendheid.

11. Die verstand, wil en emosie wat insig het, ken sy eie bitterheid en ’n vreemdeling deel nie in sy vreugde nie. Die huis van die bose sal vernietig word, maar die tent van die opregte sal floreer.

12. Daar is ’n lewenswyse wat vir ’n mens reg lyk, maar die einde daarvan is die lewenswyse van die dood,

13. selfs onder gelag is die verstand, wil en emosie vol pyn en die einde van blydskap is depressie.

14. Die parmantige in verstand, wil en emosie sal versadig word met die vrug van sy lewenswyse en die goeie man sal tevrede wees met die respek wat hy ontvang.

15. Die eenvoudige vertrou elke woord, maar die skrandere onderskei tussen goed en boos.

16. Die wyse man is versigtig en gaan weg van boosheid, maar die dwaas peuter daarmee met selfvertroue.

17. ’n Man, haastig in alles wat hy doen, soek nooit raad nie, maar ’n wyse man is gematig.

18. Dwase erf dwaasheid, maar die skranderes deel kennis uit.

19. Bose manne sal plat neerbuig voor die goeies en die bose sal kom om te bedel by die poorte van die regverdige.

20. Die arme word selfs deur sy eie naaste gehaat, maar die rykes het baie vriende.

21. Wie sy naaste verag, doen sonde, maar hy wat omgee vir die armes, hy is gelukkig.

22. Die bose fouteer wanneer hulle boosheid beplan, maar manne van liefdevolle omgee en waarheid, doen allerhande goedheid. Die werkers van boosheid verstaan nie die waarheid en onverdiende guns nie; liefdevolle goedheid en waarheid is by die werkers van die goeie.

23. In al jou werke is daar wins, maar hy wat jonk is, is sonder sorge en op sy gemak. יהוה genees elke wond, maar die praat van die lippe van die dwaas neig net na armoede.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 14