Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 14:31-35 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

31. Hy wat die arme onderdruk, tart sy Maker, maar hy wat יהוה eer, het onverdiende guns vir die behoeftiges.1 Yog 1:7; 1 Yog 3:3-6

32. Die bose word deur sy boosheid omvergewerp, maar hy wat oortuig is dat hy sonder sonde is, is ’n regverdige man.

33. Wysheid sal rus in die verstand, wil en emosie van die regverdige, maar in die verstand, wil en emosie van dwase sal dit nie bekend gemaak word nie.

34. Onpartydige opregtheid verhoog ’n volk, maar sonde is ’n bespotting vir enige nasie.

35. Die koning se guns is tot ’n wyse dienskneg, maar die bose sal omvergewerp word deur sy eie planne. Woede vernietig selfs wyse manne.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 14