Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 11:23-30 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

23. Die begeerte van die regverdiges is net goed, maar die verwagting van die bose is toorn.

24. Daar is hy wat sy saad na buite uitstrooi en tog baie inbring en hy wat bymekaarmaak wat nie syne is nie en tog minder het.

25. Die lewe wat seën, sal verryk word en hy wat vloek sal meer vervloek word.

26. Hy wat graan terughou in die tyd van nood, sal in die hande van sy vyande val, maar ’n seën sal op die kop wees van hom wat dit verkoop.

27. Wie ywerig die goeie soek, sal voortdurend guns vind, maar die kwaad sal kom op hom wat dit soek.

28. Hy wat op sy rykdom vertrou, sal val, maar die regverdiges sal floreer soos groen blare.

29. Hy wat sy huis bou in valsheid, sal hartseer vir sy kinders nalaat; hy wat faal om sy huis kalm te maak, sal wind vir sy kinders nalaat; die dwaas sal ’n slaaf wees van die wyse.

30. Die vrug van die regverdige is ’n boom van lewe, maar die lewe van die bose sal uitgedryf word.1 Kef 4:18 hoeveel te meer die bose en die sondaar!

Lees volledige hoofstuk Spreuke 11