Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 11:15-28 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

15. Hy wat vir ’n vreemdeling borg staan, word sleg vernietig, maar hy wat haat wie die handskud gee, is veilig.

16. ’n Sagte, mooi vrou behou die eer van haar man, ’n vrou wat die waarheid haat is ’n plek van oneer. Lui mans is behoeftig, al is hulle ryk en sterk mans behou kennis.

17. ’n Man van goedheid doen goed aan sy eie lewe, maar ’n wreedaard vernietig sy eie vlees.

18. Die bose man doen ’n misleidende werk, maar hy wat onpartydige opregtheid saai, het ’n ware beloning.

19. ’n Seun wat in onpartydige opregtheid grootgemaak is, leef lank, maar hy wat boosheid najaag, jaag na sy eie dood.

20. Die wat pervers van verstand, wil en emosie is, is vir יהוה verwerplik, maar die wat opreg is in hulle lewe, is Sy vreugde.

21. Hy wat sy hand teen sy naaste uitsteek sal nie ongestraf bly nie, maar die nageslag van die regverdige sal bevry word.

22. Soos ’n goue ring in ’n vark se snoet, so is ’n mooi vrou sonder goeie oordeel.

23. Die begeerte van die regverdiges is net goed, maar die verwagting van die bose is toorn.

24. Daar is hy wat sy saad na buite uitstrooi en tog baie inbring en hy wat bymekaarmaak wat nie syne is nie en tog minder het.

25. Die lewe wat seën, sal verryk word en hy wat vloek sal meer vervloek word.

26. Hy wat graan terughou in die tyd van nood, sal in die hande van sy vyande val, maar ’n seën sal op die kop wees van hom wat dit verkoop.

27. Wie ywerig die goeie soek, sal voortdurend guns vind, maar die kwaad sal kom op hom wat dit soek.

28. Hy wat op sy rykdom vertrou, sal val, maar die regverdiges sal floreer soos groen blare.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 11