Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 11:1-5 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Vals weegskale is vir יהוה verwerplik, maar Hy het vreugde in regte gewigte.

2. Waar arrogansie kom, kom die skande, maar by die nederiges is wysheid.

3. Die versekerde verwagting van die opregtes sal gegee word, maar die trots van die bose sal vernietig word.

4. Rykdom bevoordeel nie op die dag van woede nie, maar onpartydige opregtheid bevry van die dood.

5. Die onpartydige opregtheid van die volmaakte sal sy pad rig, maar die bose sal val deur sy eie boosheid.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 11