Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 1:8-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. My seun, luister, hoor en doen die instruksies van jou vader en verwerp nie die wet van jou moeder nie,

9. want hulle sal ’n lieflike ornament wees vir jou kop en ’n halssnoer vir jou nek.

10. My seun, as die sondaars jou verlei, moenie toegee nie.

11. As hulle vir jou sê: “Kom saam met ons, laat ons lê en wag om bloed te vergiet, laat ons lê en wag vir die onskuldige sonder oorsaak,

12. laat ons hulle lewendig verslind soos Sh’ol die lewendes verslind en heel insluk soos hulle wat afgaan in die put;

13. ons sal al sy rykdom en kosbare goed vind, ons sal ons huise vol maak met buit.

14. Gooi jou lot in by ons, laat ons almal een beursie hê.”

15. My seun, moenie in hulle lewenswyse leef nie, hou jou voet terug van hulle pad,Rom 3:17

16. want hulle voete hardloop na die bose, hulle haas hulle om bloed te vergiet.

17. Die net word in misleiding uitgesprei voor die oë van enige voël

18. en hulle lê en wag, hulle kruip weg om bloed te vergiet.

19. So is die lewenswyse van almal wat onregverdig is; dit neem lewe weg van die eienaar.

20. Wysheid word opgelig in die markplein, sy lig haar stem op in die strate,

Lees volledige hoofstuk Spreuke 1