Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 1:3-15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

3. om dissipline, respek, onpartydige opregtheid, regverdige oordeel en gelykheid te ontvang;

4. om aan die eenvoudiges onderskeiding te gee, aan die jongman kennis en beplanning;

5. ’n wyse man sal luister en insig vermeerder en ’n man van begrip sal leierskap verkry;

6. om spreuke en beeldspraak te verstaan - die woorde van die wyse manne en hulle raaisels.

7. Die respekvolle vrees vir יהוה is die begin van kennis, maar dwase verag wysheid en instruksies.Deut 6:4

8. My seun, luister, hoor en doen die instruksies van jou vader en verwerp nie die wet van jou moeder nie,

9. want hulle sal ’n lieflike ornament wees vir jou kop en ’n halssnoer vir jou nek.

10. My seun, as die sondaars jou verlei, moenie toegee nie.

11. As hulle vir jou sê: “Kom saam met ons, laat ons lê en wag om bloed te vergiet, laat ons lê en wag vir die onskuldige sonder oorsaak,

12. laat ons hulle lewendig verslind soos Sh’ol die lewendes verslind en heel insluk soos hulle wat afgaan in die put;

13. ons sal al sy rykdom en kosbare goed vind, ons sal ons huise vol maak met buit.

14. Gooi jou lot in by ons, laat ons almal een beursie hê.”

15. My seun, moenie in hulle lewenswyse leef nie, hou jou voet terug van hulle pad,Rom 3:17

Lees volledige hoofstuk Spreuke 1