Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 1:19-33 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

19. So is die lewenswyse van almal wat onregverdig is; dit neem lewe weg van die eienaar.

20. Wysheid word opgelig in die markplein, sy lig haar stem op in die strate,

21. sy verkondig in die hoof plekke van bymekaarkoms; by die openinge van die poorte van die stad, bring sy haar boodskappe:

22. Hoe lank sal julle, eenvoudiges, kinderagtigheid liefhê, die spotters hulle spot geniet en die dwase kennis haat?

23. As julle jul tot My teregwysing sal draai, let op, Ek sal My Gees op julle uitstort, Ek sal My boodskappe aan julle bekend maak,

24. want Ek het geroep en julle het geweier, Ek het My hand uitgesteek en julle het nie geluister nie,

25. maar julle het al My raad verag en was nie bly oor My teregwysing nie.

26. Ek sal ook lag by julle katastrofe, Ek sal my verheug as angs en skielike vernietiging oor julle kom;

27. as julle vernietiging kom soos ’n warrelwind, wanneer benoudheid en angs oor julle kom,

28. dan sal hulle na My toe uitroep, maar Ek sal hulle nie antwoord nie; vroeg sal hulle My soek, maar My nie vind nie,

29. want hulle het kennis gehaat en nie die respekvolle vrees van יהוה verkies nie.

30. Hulle was nie tevrede met My raad nie, hulle het al My teregwysinge verwerp;

31. daarom sal hulle eet van die vrug van hulle eie lewenswyse en versadig word deur hul eie planne,

32. want die wegdraai van die eenvoudiges sal hulle doodmaak en die foute van die swaksinnige sal hom vernietig,

33. maar die wat na My luister en dit doen, sal in versekerde verwagting leef en sal wegbly van baie booshede.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 1