Ou Testament

Nuwe Testament

Rut 4:14-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

14. Die vroue het vir Na’omi gesê: “Geseënd is יהוה wat jou nie op hierdie dag sonder ’n naby familielid gelos het nie sodat sy naam in Yisra’el verkondig kan word.

15. Hy sal vir jou ’n vertrooster van jou lewe en ’n verfrisser vir jou stad wees, want jou skoondogter, wat jou liefhet en vir jou beter is as sewe seuns, het geboorte aan hom gegee.”

16. Na’omi het die seun gevat en aan haar bors gehou en hom versorg.

17. Die vroue wat haar bure was het gesê: “’n Seun is vir Na’omi gebore.” Hulle het sy naam `Oved genoem; hy is die vader van Yishai, die vader van Dawid.

18. Nou, hierdie is die geslagte van Peretz: Peretz is die vader van Hetzron,Mat 1:4

19. Hetzron is die vader van Aram, Aram van `Amminadav,

20. Ammínadav van Nagshon en Nagshon van Salmon,

21. Salmon van Bo’az, Bo’az van `Oved,

22. `Oved van Yishai en Yishai van Dawid.

Lees volledige hoofstuk Rut 4