Ou Testament

Nuwe Testament

Rut 3:11-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. Wees nou nie bang nie, my dogter, want alles wat jy van my vra, sal ek vir jou doen, want die hele familie van ons volk weet dat jy ’n deugsame vrou is.

12. Nou, dit is waar dat ek naby familie is, maar daar is egter ’n ander familielid, nader as ek.

13. Nou, bly vannag hier tot die sonsopkoms en in die oggend sal dit wees dat, as hy sy familieplig teenoor jou wil nakom, laat hy dit doen, maar as hy onwillig is om dit na te kom, dan, so waar as יהוה leef, as hy dit nie doen nie, dan sal ek dit doen!” Toe sê hy vir haar: “Bly lê tot die oggend toe.”

14. Sy het by sy voete gelê tot die oggend toe en het vroeg die oggend terwyl dit nog donker was, voordat een die ander kon herken, opgestaan en vir hom gesê: “Laat dit nie bekend wees dat ek afgekom het na u toe, by die dorsvloer nie.”

15. Bo’az sê vir haar: “Sprei jou mantel oop” en sy het dit oopgesprei. Hy het ses mate gars afgemeet en dit opgelig en op haar rug gesit en sy het die stad ingegaan.

16. Toe sy by haar skoonmoeder gekom het, vra sy vir haar: “Wie is jy, my dogter? Sy antwoord: “Ek is Rut.” Sy het aan haar alles vertel wat Bo’az vir haar gedoen het

17. en hoe hy ses mate gars vir haar gegee en gesê het: “Moenie met leë hande na jou skoonmoeder toe gaan nie.”

18. Toe sê haar skoonmoeder vir haar: “Sit stil, my dogter totdat jy die uitslag ken, want die man sal nie rus totdat hy vandag nog die saak tot ’n besluit gebring het nie.”

Lees volledige hoofstuk Rut 3