Ou Testament

Nuwe Testament

Rut 2:1-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Na’omi het ’n familielid van haar man gehad, ’n bekende ryk man, uit die familie van Elimelekh, wie se naam Bo’az was.

2. Rut, die Mo’aviet, het vir Na’omi, haar skoonmoeder gesê: “Laat my nou na die land toe gaan en are optel agter die snyers in wie se oë ek guns mag vind.” Haar skoonmoeder antwoord haar: “Gaan my dogter.”

3. Rut het gegaan om are graan op te tel agter die snyers; dit het gebeur dat sy op ’n stuk land gekom het wat aan Bo’az behoort, wat familie was van Elimelekh.

4. Let op, Bo’az het uit Beit-Legem gekom en aan die snyers gesê: “Vrede, voorspoed, vergenoegdheid en gesondheid vir julle.” Hulle het hom geantwoord: “יהוה seën u!”

5. Toe sê Bo’az vir die jongman wat in beheer was van die snyers: “Wie se jong vrou is hierdie?”

6. Die jongman antwoord en sê vir hom: “Dit is die Mo’avitiese vrou wat saam met Na’omi teruggekom het vanaf die land van Mo’av

7. en sy het gesê: ‘Laat my die are graan agter die snyers optel. Sy het vanaf die oggend tot die tyd van rus toe opgetel.”

8. Toe sê Bo’az vir Rut: “My dogter, het jy nie die spreuk gehoor: ‘Moenie graan optel in ’n land wat nie joune is nie?’ Bly daarom hier en bly naby my diensmeisies.

9. Kyk na die land wat hulle afsny en volg hulle. Let op, ek het die jongmanne beveel dat niemand jou sal kwaad aandoen nie en wanneer jy dors word, gaan drink van die kanne wat die jongmanne geskep het.”

10. Toe val sy met haar gesig op die grond en betoon eerbied aan hom en sê: “Is dit omdat ek guns in u oë gevind het dat u my erken, aangesien ek ’n vreemdeling is?

11. Bo’az sê vir haar: “Ek is ten volle ingelig oor alles wat jy vir jou skoonmoeder gedoen het ná die dood van jou man en nou het jy jou vader en jou moeder en jou familie verlaat en na ’n volk gekom wat jy nie vroeër geken het nie.

Lees volledige hoofstuk Rut 2