Ou Testament

Nuwe Testament

Rut 1:9-17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. יהוה gee vir julle guns sodat julle rus mag vind in die huis van julle ouers.” Toe het sy hulle gesoen en hulle het hul stemme opgelig en gehuil

10. en vir haar gesê: “Nee, ons sal saam met u teruggaan na u land en u volk.”

11. Na’omi sê egter vir hulle: “Draai om, my dogters! Waarom sou julle saam met my gaan? Sal ek geboorte gee aan nog seuns dat hulle julle mans kan word?

12. Draai om, my dogters, gaan julle eie pad, want ek is te oud om ’n man te hê. As ek sou sê: ‘Ek het hoop’ en selfs as ek ’n man sou hê en ook geboorte gee aan seuns,

13. sou julle vir hulle wag totdat hulle groot geword het? Sou julle nie vir julle mans vat nie? Nee, my dogters, want ek is baie hartseer ter wille van julle en dit maak my hartseerder as vir julle, want die hand van יהוה het teen my uitgegaan.”

14. Hulle het weer hulle stemme opgelig en gehuil en `Orpah het haar skoonmoeder gesoen, omgedraai en weggegaan, maar Rut het aan haar vasgeklou.

15. Haar skoonmoeder sê vir haar: “Let op, jou skoonsuster het omgedraai na haar volk en na haar familie toe; gaan terug agter jou skoonsuster aan!”

16. Rut sê vir haar: “Dit is ver van my om weg te draai daarvan om u te volg en u te los, want waar u gaan, sal ek gaan en waar u bly, sal ek bly; u volk sal my volk wees en u God my God.

17. Waar u sterf, sal ek sterf en daar begrawe word! Mag יהוה so aan my doen en ook meer, as selfs die dood my van u kan skei.”

Lees volledige hoofstuk Rut 1