Ou Testament

Nuwe Testament

Rut 1:13-19 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

13. sou julle vir hulle wag totdat hulle groot geword het? Sou julle nie vir julle mans vat nie? Nee, my dogters, want ek is baie hartseer ter wille van julle en dit maak my hartseerder as vir julle, want die hand van יהוה het teen my uitgegaan.”

14. Hulle het weer hulle stemme opgelig en gehuil en `Orpah het haar skoonmoeder gesoen, omgedraai en weggegaan, maar Rut het aan haar vasgeklou.

15. Haar skoonmoeder sê vir haar: “Let op, jou skoonsuster het omgedraai na haar volk en na haar familie toe; gaan terug agter jou skoonsuster aan!”

16. Rut sê vir haar: “Dit is ver van my om weg te draai daarvan om u te volg en u te los, want waar u gaan, sal ek gaan en waar u bly, sal ek bly; u volk sal my volk wees en u God my God.

17. Waar u sterf, sal ek sterf en daar begrawe word! Mag יהוה so aan my doen en ook meer, as selfs die dood my van u kan skei.”

18. Toe Na’omi sien dat sy vasbeslote was om saam met haar te gaan, het sy opgehou om haar te pols om terug te gaan.

19. Hulle het saam gegaan totdat hulle by Beit-Legem in Y’hudah gekom het. Toe hulle in Beit-Legem kom, het dit gebeur dat die hele stad oor hulle verheugd was en hulle het gesê: “Is dit Na’omi?”

Lees volledige hoofstuk Rut 1