Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 9:4-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. Hulle het vir hom sewentig sikkels silwer uit die huis van Ba’al-B’rit gegee, waarmee Avimelekh waardelose en ligsinnige manne gehuur het en hulle het hom gevolg.

5. Toe het hy na die huis van sy vader gegaan, in `Ofrah en sy broers, die seuns van Yeruba’al, sewentig man, op een klip vermoor, maar Yotam, die jongste seun van Yeruba’al, het oorgebly, want hy het weggekruip.

6. Al die manne van Sh’khem en die hele Beit-Millo het saam vergader en Avimelekh gaan koning maak by die eikeboom van die pilaar wat by Sh’khem is.

7. Toe hulle dit vir Yotam vertel, het hy gegaan en op die top van berg G’rizim gaan staan en sy stem opgelig en uitgeroep en so het hy vir hulle gesê: “Luister na my, manne van Sh’khem sodat God na julle kan luister.

8. Eendag het die bome gegaan om ’n koning oor hulle te salf en vir die olyfboom gesê: ‘Heers oor ons!’

9. Die olyfboom het egter vir hulle gesê: ‘Sou ek my vettigheid opgee waarmee hulle gode en mense vereer en oor die bome gaan swewe?’

10. Toe sê die bome vir die vyeboom: ‘Kom jy, heers oor ons!’

11. Die vyeboom het egter vir hulle gesê: ‘Sou ek my soetigheid en my goeie vrugte opgee en oor die bome gaan swewe?’

12. Toe sê die bome vir die wingerdstok: ‘Kom jy, heers oor ons!’

13. Die wingerdstok het egter vir hulle gesê: ‘Sou ek my nuwe wyn opgee waarin God en die mense hulle verheug en oor die bome gaan swewe?’

Lees volledige hoofstuk Rigters 9