Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 8:26-35 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

26. Die gewig van die goue oorringe wat hy gevra het, was een duisend sewe honderd sikkels goud, behalwe die maanornamente, die hangertjies en purper klere wat die konings van Midyan gedra het en behalwe die nekbande wat aan die nekke van hulle kamele was.

27. Gid’on het ’n skouerkleed daarvan gemaak en dit in sy stad, `Ofrah, gesit en die hele Yisra’el het agter dit aan hoereer sodat dit vir Gid’on en sy huis ’n valstrik geword het.

28. So is Midyan onderwerp voor die seuns van Yisra’el en hulle het nie weer hulle koppe opgetel nie. Die land was onversteurd in die dae van Gid’on vir veertig jaar lank.

29. Toe het Yeruba’al, die seun van Yo’ash, gegaan en in sy huis gaan bly.

30. Gid’on het sewentig seuns gehad wat sy direkte nageslag was, want hy het baie vroue gehad.

31. Sy byvrou wat in Sh’khem was, het ook vir hom geboorte gegee aan ’n seun en hy het hom die naam Avimelekh gegee.

32. Gid’on, die seun van Yo’ash, het gesterf op ’n gevorderde ouderdom en is begrawe in die graf van sy vader Yo’ash, in `Ofrah van die Avi’ezriete.

33. Dit het gebeur toe Gid’on dood is dat die seuns van Yisra’el weer agter die Ba’als aan hoereer en Ba’al-B’rit hulle god gemaak het.

34. Dus het die seuns van Yisra’el nie יהוה, hulle God, onthou, wat hulle bevry het uit die hand van al hul vyande, aan elke kant, nie;

35. hulle het ook geen omgee bewys aan die huis van Yeruba’al, (dit is Gid’on), vir al die goed wat hy aan Yisra’el gedoen het nie.

Lees volledige hoofstuk Rigters 8