Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 8:23-30 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

23. Gid’on sê egter vir hulle: “Ek sal nie oor julle heers nie en my seun sal ook nie oor julle heers nie; יהוה sal oor julle heers.”

24. Tog het Gid’on vir hulle gesê: “Ek wil van julle versoek dat elkeen van julle vir my ’n oorring gee uit sy buit!” (Want hulle het goue oorringe gehad omdat hulle Yishma’eliete was.)

25. Hulle het gesê: “Ons sal dit sekerlik gee.” Hulle het toe ’n mantel uitgesprei en elkeen het ’n oorring van sy buit daarop gegooi.

26. Die gewig van die goue oorringe wat hy gevra het, was een duisend sewe honderd sikkels goud, behalwe die maanornamente, die hangertjies en purper klere wat die konings van Midyan gedra het en behalwe die nekbande wat aan die nekke van hulle kamele was.

27. Gid’on het ’n skouerkleed daarvan gemaak en dit in sy stad, `Ofrah, gesit en die hele Yisra’el het agter dit aan hoereer sodat dit vir Gid’on en sy huis ’n valstrik geword het.

28. So is Midyan onderwerp voor die seuns van Yisra’el en hulle het nie weer hulle koppe opgetel nie. Die land was onversteurd in die dae van Gid’on vir veertig jaar lank.

29. Toe het Yeruba’al, die seun van Yo’ash, gegaan en in sy huis gaan bly.

30. Gid’on het sewentig seuns gehad wat sy direkte nageslag was, want hy het baie vroue gehad.

Lees volledige hoofstuk Rigters 8