Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 6:1-6 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe het die seuns van Yisra’el gedoen wat boos was in die oë van יהוה en יהוה het hulle vir sewe jaar lank in die hand van Midyan oorgegee.

2. Die krag van Midyan het die oorhand oor Yisra’el gekry. As gevolg van Midyan het die seuns van Yisra’el vir hulle skuilings, wat in die berge, die grotte en die vestings is, gemaak,

3. want dit was wanneer Yisra’el gesaai het dat die Midyaniete, saam met die `Amalekiete en die seuns van die Ooste teen hulle opgetrek het.

4. Só het hulle teen hulle gekamp en die opbrengs van die land verwoes so ver as tot by `Azah en geen lewensmiddele, sowel as geen skaap, bees of donkie, in Yisra’el gelos nie,

5. want hulle het met hulle vee en hul tente opgetrek en gekom soos sprinkane in getal; beide hulle en hul kamele was ontelbaar en hulle het in die land ingekom om dit te verwoes.

6. Yisra’el is verneder as gevolg van Midyan en die seuns van Yisra’el het na יהוה uitgeroep.

Lees volledige hoofstuk Rigters 6