Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 5:11-25 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. oordink die woorde van die navraers, wat tussen die leermeesters is; hulle sal die onpartydige opregtheid van יהוה uitvoer, die onpartydige opregtheid wat Hy in Yisra’el vermenigvuldig het. Dan sal die volk van יהוה na die poorte toe marsjeer.

12. Word wakker, word wakker, D’vorah! Word wakker, word wakker, sing ’n lied! Staan op, Barak en voer jou gevangenes weg, seun van Avino’am!

13. Toe het die bevryder afgekom om lofprysing tot יהוה te sing; U het vir my oorwinning gegee deur die hand van ’n man uit Efrayim.

14. Barak se woorde is bekend in `Amalek; na jou, trek Binyamin, wat omgee vir jou; vanuit Makhir kom ’n bevelvoerder en vanaf Z’vulun dié wat skryf met die pen van ’n skrywer

15. en die prinse van Yissakhar was by D’vorah; soos Yissakhar, so was Barak tussen die mense: hy is per voet na ’n gedeelte van Re’uven gestuur; groot is hulle wat Godsopenbarings vir die verstand, wil en emosie gee.

16. Waarom het jy tussen die veekrale gesit; om die fluitspel vir die troppe te hoor? Tussen die afdelings van Re’uven was die ondersoeke van die verstand, wil en emosie groot.

17. Gil’ad het anderkant die Yarden gebly en hoekom het Dan in skepe gebly? Asher het by die seestrand gesit en by sy baaie gebly.

18. Z’vulun is ’n volk wat hulle lewens verag tot die dood toe; ook Naftali, op die hoë plekke van die veld.

19. Die konings het gekom en geveg; toe het die konings van Kena’an geveg by Ta’anakh, naby die waters van Megiddo; hulle het geen plunder of silwer gevat nie.

20. Die sterre het vanuit die hemel geveg; vanaf hulle bane het hulle teen Sisra geveg by die rivier van Kishon.

21. Die Kishon en Karminriviere het hulle weggedryf! O my lewe, jy het ’n leërmag verslaan!

22. Toe het die perdepote geklap van die gejaag, die gejaag van hulle dapper gevegte.

23. “Vloek Meroz,” het die boodskapper van יהוה gesê; “vervloek sy inwoners volkome omdat hulle יהוה nie tot hulp gekom het nie, tot die hulp van יהוה teen die kragtige soldate nie.”

24. Mees geseënde onder vroue is Ya’el, die vrou van Hever, die Keiniet; mees geseënd is sy onder vroue in die tent!

25. Water het hy gevra, melk het sy vir hom gegee; in ’n fantastiese kom het sy vir hom dikmelk gebring.

Lees volledige hoofstuk Rigters 5