Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 4:16-24 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

16. maar Barak het die waens en die leër agtervolg tot by Haroshet-HaGoyim en die hele leër van Sisra het deur die skerpte van die swaard geval; selfs nie een het oorgebly nie.

17. Sisra het te voet gevlug na die tent van Ya’el, die vrou van Hever, die Keiniet, want daar was vrede tussen Yavin, die koning van Hatzor en die huis van Hever, die Keiniet.

18. Ya’el het uitgegaan om Sisra te ontmoet en vir hom gesê: “Draai af, my meester, draai af na my toe! Moenie bang wees nie!” Hy het na haar toe afgedraai, na haar tent en sy het hom met ’n kombers bedek.

19. Hy het vir haar gesê: “Gee vir my asseblief ’n bietjie water om te drink, want ek is dors.” Sy maak toe die bokvelsak oop en laat hom daaruit drink; toe maak sy hom weer toe.

20. Hy sê vir haar: “Staan in die ingang van die tent en as dit gebeur dat iemand kom en vir jou vra en sê: “Is daar iemand hier?” dat jy sal sê: “Nee.”

21. Ya’el, die vrou van Hever, het egter ’n tentpen en hamer in haar hand gevat en stilletjies na hom toe gegaan en die pen in sy slaap ingeslaan en dit het deurgegaan in die grond in, want hy was vas aan die slaap en uitgeput. So het hy gesterf.

22. Terwyl Barak Sisra agtervolg, let op, het Ya’el uitgekom om hom te ontmoet en vir hom gesê: “Kom en ek sal vir u die man wys wat u soek.” Hy het saam met haar ingegaan en let op, Sisra lê daar dood, met die tentpen in sy slaap!

23. So het God op daardie dag vir Yavin, die koning van Kena’an, voor die seuns van Yisra’el onderwerp.

24. Die hand van die seuns van Yisra’el het swaarder en swaarder gedruk op Yavin, die koning van Kena’an totdat hulle Yavin, die koning van Kena’an, vernietig het.

Lees volledige hoofstuk Rigters 4