Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 3:18-23 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

18. Dit het gebeur dat, toe hy klaar die bydrae afgelewer het, hy die mense wat die bydrae gedra het, weggestuur het,

19. maar hyself het omgedraai by die afgode wat by Gilgal was en gesê: “Ek het ’n geheime boodskap vir u, o koning!” Die koning sê toe: “Bly stil!” Almal wat hom bedien, het van hom af weggegaan.

20. Ehud het na hom toe gekom terwyl hy alleen in sy koel dakkamer sit en Ehud sê: “Ek het ’n boodskap vanaf God vir u!” Hy het van sy stoel af opgestaan.

21. Ehud het sy linkerhand uitgesteek, die swaard van sy regterheup af gevat en dit in sy maag ingedruk.

22. Die hef het ook agter die lem ingegaan en die vet het om die lem toegemaak, want hy het nie die swaard uit sy maag uitgetrek nie en die vullis het uitgekom.

23. Toe gaan Ehud uit op die gallery en maak die deure van die dakkamer agter hom toe en sluit hulle.

Lees volledige hoofstuk Rigters 3