Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 3:1-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Hierdie is die nasies wat יהוה laat oorbly het om Yisra’el te toets (almal wat nie enige van die oorloë van Kena’an ondervind het nie;

2. net sodat die geslagte van die seuns van Yisra’el oorlog geleer kan word, hulle wat dit nie vroeër ervaar het nie):

3. die vyf meesters van die F’lishtyne en al die Kena’aniete, Tzidoniete en Hiviete wat in die L’vanongebergte gebly het, van die berg Ba’al-Hermon af tot by Levo-Hamat.

4. Hulle was daar om Yisra’el te toets, om uit te vind of hulle die opdragte van יהוה, wat Hy hulle vaders deur Moshe beveel het, sou gehoorsaam.

5. Die seuns van Yisra’el het tussen die Kena’aniete, Hittiete, Emoriete, P’riziete, Hiviete en Y’vusiete gebly;

6. hulle dogters as hulle vroue gevat en hulle eie dogters aan húl seuns gegee en hul gode gedien.

7. Die seuns van Yisra’el het gedoen wat boos was in die oë van יהוה en יהוה, hulle God, vergeet en die Ba’als en die `Asherot gedien.

Lees volledige hoofstuk Rigters 3