Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 20:5-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. maar die manne van Giv’ah het teen my opgestaan en die huis omsingel in die nag as gevolg van my. Hulle het beplan om my dood te maak; in plaas daarvan, het hulle my byvrou onteer sodat sy gesterf het.

6. Ek het my byvrou gevat en haar in stukke opgesny en haar rondgestuur in die hele gebied van die erfenis van Yisra’el omdat hulle ’n gruwel en ’n skandelike daad in Yisra’el gepleeg het.

7. Let op, al julle seuns van Yisra’el, gee julle aanbeveling en raad!”

8. Toe staan die hele volk op soos een man en sê: “Geeneen van ons sal na sy tent toe gaan of enige een van ons sal teruggaan na sy huis toe nie,

9. maar dit is nou die ding wat ons aan Giv’ah sal doen: gaan op teen hom volgens die lot!

10. Ons sal tien man vat uit elke honderd van al die stamme van Yisra’el, ’n honderd uit ’n duisend en ’n duisend uit tien duisend, om kos vir die manne te voorsien sodat wanneer hulle by Giv’ah van Binyamin kom, hulle hul mag straf vir die skandelike dade wat hulle in Yisra’el gepleeg het.”

11. Dus was al die manne van Yisra’el vergader teen die stad, eensgesind soos een man.

12. Toe stuur die stamme van Yisra’el manne deur die hele stam van Binyamin en sê: “Wat is hierdie boosheid wat tussen julle gebeur het?

13. Nou dan, lewer die waardelose manne uit wat in Giv’ah is dat ons hulle kan doodmaak en hierdie boosheid uit Yisra’el uitroei.” Die Binyaminiete wou egter nie na die stem van hulle broers, die seuns van Yisra’el, luister nie.

Lees volledige hoofstuk Rigters 20