Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 20:39-48 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

39. Toe het die manne van Yisra’el omgedraai in die geveg en Binyamin het begin om ongeveer dertig man van Yisra’el neer te slaan, want hulle het gedink: “Hulle is sekerlik voor ons verslaan soos in die eerste geveg.”

40. Toe die wolk egter begin optrek uit die stad in ’n rookpilaar het Binyamin agter hom gekyk en let op, die hele stad het in rook opgegaan na die hemel!

41. Toe het die manne van Yisra’el omgedraai en die manne van Binyamin was vreesbevange, want hulle het gesien dat die ramp naby hulle was;

42. daarom het hulle hul rûe op die manne van Yisra’el gedraai in die rigting van die wildernis, maar die geveg het hulle ingehaal terwyl die wat uit die stede kom, hulle tussen hulle vernietig.

43. Hulle het Binyamin omsingel, hulle agtervolg sonder rus en hulle vertrap oorkant Giv’ah, aan die oostekant.

44. So het daar agttien duisend man van Binyamin geval en almal was dapper soldate.

45. Die res het omgedraai en na die wildernis gevlug, na die rots van Rimmon, maar hulle het vyf duisend van hulle op die grootpaaie gevang en hulle ingehaal by Gid’om en twee duisend van hulle doodgemaak.

46. Al die gesneuweldes van Binyamin op dié dag was vyf en twintig duisend man wat die swaard uittrek en almal van hulle was dapper soldate,

47. maar ses honderd man het omgedraai en gevlug na die wildernis, na die rots van Rimmon en vier maande by die rots van Rimmon gebly.

48. Die manne van Yisra’el draai toe terug teen die seuns van Binyamin en verslaan hulle met die skerpte van die swaard, beide die hele stad, met die beeste en alles wat hulle gevind het; hulle het ook al die stede wat hulle gevind het, aan die brand gesteek.

Lees volledige hoofstuk Rigters 20