hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21

Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Daar was ’n man van die bergland van Efrayim met die naam van Mikhay’hu.

2. Hy het vir sy moeder gesê: “Die elf honderd sikkels silwer wat van u gevat is en waaroor u ’n vloek uitgespreek het voor my ore, let op, die geld is by my, ék het dit gevat.” Sy moeder sê: “Geseënd is my seun deur יהוה!”

3. Hy het toe die elf honderd sikkels silwer aan sy moeder teruggegee en sy moeder het gesê: “Ek sonder die geld ten volle uit my hand uit af aan יהוה sodat my seun ’n gesnede en ’n gegote beeld kan maak; daarom sal ek dit nou aan jou teruggee.”

4. Toe hy die silwer aan sy moeder teruggegee het, vat sy moeder twee honderd sikkels silwer en gee dit aan ’n silwersmid, wat dit in ’n gesnede en ’n gegote beeld gemaak het wat in die huis van Mikhay’hu was.

5. Die man Mikhay’hu het ’n huistempel gehad en hy het ’n skouerkleed en huisafgode gemaak en een van sy seuns afgesonder om vir hom ’n priester te wees.

6. In daardie dae was daar geen koning in Yisra’el nie: elke man het gedoen wat reg was in sy eie oë.

7. Daar was ’n jongman van Beit-Legem in Y’hudah, uit die familie van Y’hudah, wat ’n Leviet was en hy het daar gebly.

8. Toe het die man uit die stad, uit Beit-Legem in Y’hudah, getrek om te bly waar hy ook al plek kon kry en op sy reis het hy in die bergland van Efrayim gekom, by die huis van Mikhay’hu.

9. Mikhay’hu vra vir hom: “Waar kom u vandaan?” Hy sê vir hom: “Ek is ’n Leviet, uit Beit-Legem in Y’hudah en ek gaan bly waar ek ook al ’n plek kan kry.”

10. Mikhay’hu sê toe vir hom: “Bly by my en wees vir my soos ’n vader en ’n priester en ek sal vir u jaarliks tien sikkels silwer en ’n stel klere en u versorging gee.” Die Leviet het ingegaan.

11. Die Leviet het ingewillig om by die man te bly en die jongman het vir hom geword soos een van sy seuns.

12. Mikhay’hu het die Leviet afgesonder en die jongman het sy priester geword en in die huis van Mikhay’hu gebly.

13. Toe sê Mikhay’hu: “Nou weet ek dat יהוה my voorspoedig sal laat wees omdat ek ’n Leviet as priester het.