hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21

Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe is die manne van Efrayim bymekaargeroep en hulle het oorgegaan na Tzafon en vir Yiftag gesê: “Waarom het jy oorgegaan om teen die seuns van `Ammon te veg sonder om óns te roep om saam met jou te gaan? Ons sal jou huis oor jou afbrand.”

2. Yiftag sê vir hulle: “Ek en my mense het ’n hewige twis met die seuns van `Ammon gehad; toe ek julle geroep het, het julle my nie uit hulle hand bevry nie.

3. Toe ek sien dat jy my nie gaan bevry nie, het ek my lewe in my hande geneem en oorgegaan na die seuns van `Ammon en יהוה het hulle in my hand gegee. Waarom het julle dan vandag teen my opgekom om teen my te veg?”

4. Toe het Yiftag al die manne van Gil’ad bymekaargemaak en teen Efrayim geveg en die manne van Gil’ad het Efrayim verslaan omdat hulle gesê het: “Julle, o Gil’adiete, is vlugtelinge van Efrayim, tussen Efrayim en tussen M’nashah.”

5. Gil’ad het die driwwe van die Yarden oorkant Efrayim ingeneem en dit het gebeur as die vlugtelinge van Efrayim sê: “Laat my oorgaan, dan vra die manne van Gil’ad vir hom: “Is jy ’n Efrayimiet?” As hy sê: “Nee,”

6. dan vra hulle vir hom: “Sê nou, Shibbolet!” As hy egter sê: “Sibbolet” omdat hy dit nie reg kan uitspreek nie, dan gryp hulle hom en maak hom by die Yarden-driwwe dood. So het daar dan in dié tyd van Efrayim twee en veertig duisend man geval.

7. Yiftag het Yisra’el ses jaar lank gerig. Toe is Yiftag, die Gil’adiet dood en is begrawe in een van die stede van Gil’ad.

8. Ná hom het Ibtzan, van Beit-Legem, Yisra’el gerig.

9. Hy het dertig seuns gehad en dertig dogters wat hy uitgegee het in die huwelik buite die familie en hy het dertig dogters van buite af ingebring vir sy seuns en hy het Yisra’el sewe jaar lank gerig.

10. Toe het Ibtzan gesterf en is begrawe in Beit-Legem.

11. Ná hom het Elon, van Z’vulun, Yisra’el gerig en hy het Yisra’el tien jaar lank gerig.

12. Toe is Elon, van Z’vulun, dood en is begrawe in Ayalon, in die land Z’vulun.

13. Ná hom het `Avdon, die seun van Hillel, van Pir’aton, Yisra’el gerig.

14. Hy het veertig seuns en dertig kleinseuns gehad wat op sewentig donkies gery het en hy het Yisra’el agt jaar lank gerig.

15. `Avdon, die seun van Hillel, van Pir’aton, het gesterf en is begrawe in Pir’aton, in die land Efrayim, op die Bergland van die `Amalekiete.