Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 10:8-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. Hulle het die seuns van Yisra’el gepla en verpletter in daardie jare; vir agttien jaar lank het hulle al die seuns van Yisra’el wat oorkant die Yarden gebly het, in die land van die Amoriete, wat in Gil’ad was, gepla.

9. Die seuns van `Ammon het die Yarden oorgetrek om ook teen Y’hudah, Binyamin en die huis van Efrayim te veg sodat Yisra’el baie benoud was.

10. Toe roep die seuns van Yisra’el uit na יהוה en sê: “Ons het teen U gesondig, want inderdaad, ons het ons God verlaat en die Ba’als gedien.”

11. יהוה het vir die seuns van Yisra’el gesê: “Het Ek julle nie van die Mitzrayiete, van die Emoriete, van die seuns van `Ammon en van die F’lishtyne bevry nie?

12. Ook toe die Tzidoniete, `Amalekiete en Ma’oniete julle verdruk en julle My aangeroep het, het Ek julle uit hulle hand verlos.Deut 2:19,37

13. Tog het julle My verlaat en ander gode gedien; daarom sal Ek julle nie langer bevry nie.

14. Gaan en gaan roep die gode aan wat julle gekies het; laat hulle julle bevry in die tyd van julle benoudheid.”

15. Die seuns van Yisra’el sê vir יהוה: “Ons het gesondig, maak met ons net soos dit goed is in U oë; asseblief, bevry ons net vandag.”

16. Hulle het die vreemde gode uit hulle midde uit weggesit en יהוה gedien en Hy kon nie langer die ellende van Yisra’el verdra nie.

17. Toe is die seuns van `Ammon bymekaargeroep en hulle het in Gil’ad kamp opgeslaan en die seuns van Yisra’el het bymekaar gekom en kamp opgeslaan in Mitzpah.

18. Die mense, die leiers van Gil’ad, het vir mekaar gesê: “Wie is die man wat sal begin om te veg teen die seuns van `Ammon? Hy sal hoof word oor al die inwoners van Gil’ad.”

Lees volledige hoofstuk Rigters 10