Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 10:4-15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. Hy het dertig seuns gehad, wat op dertig donkies gery en dertig stede in die land van Gil’ad gehad het wat tot vandag toe Havot-Ya’ir genoem word.

5. Ya’ir het gesterf en is in Kamon begrawe.

6. Toe het die seuns van Yisra’el weer gedoen wat verkeerd was in die oë van יהוה. Hulle het die Ba’als en die `Ashtarot gedien, die gode van Aram, die gode van Tzidon, die gode van Mo’av, die gode van die seuns van `Ammon en die gode van die F’lishtyne; só het hulle יהוה verlaat en Hom nie gedien nie.

7. Die woede van יהוה het gebrand teen Yisra’el en Hy het hulle verkoop in die hand van die F’lishtyne en in die hand van die seuns van `Ammon.

8. Hulle het die seuns van Yisra’el gepla en verpletter in daardie jare; vir agttien jaar lank het hulle al die seuns van Yisra’el wat oorkant die Yarden gebly het, in die land van die Amoriete, wat in Gil’ad was, gepla.

9. Die seuns van `Ammon het die Yarden oorgetrek om ook teen Y’hudah, Binyamin en die huis van Efrayim te veg sodat Yisra’el baie benoud was.

10. Toe roep die seuns van Yisra’el uit na יהוה en sê: “Ons het teen U gesondig, want inderdaad, ons het ons God verlaat en die Ba’als gedien.”

11. יהוה het vir die seuns van Yisra’el gesê: “Het Ek julle nie van die Mitzrayiete, van die Emoriete, van die seuns van `Ammon en van die F’lishtyne bevry nie?

12. Ook toe die Tzidoniete, `Amalekiete en Ma’oniete julle verdruk en julle My aangeroep het, het Ek julle uit hulle hand verlos.Deut 2:19,37

13. Tog het julle My verlaat en ander gode gedien; daarom sal Ek julle nie langer bevry nie.

14. Gaan en gaan roep die gode aan wat julle gekies het; laat hulle julle bevry in die tyd van julle benoudheid.”

15. Die seuns van Yisra’el sê vir יהוה: “Ons het gesondig, maak met ons net soos dit goed is in U oë; asseblief, bevry ons net vandag.”

Lees volledige hoofstuk Rigters 10