Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 98:1-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. ’n Gedig met instrumentale musiek. Sing tot יהוה ’n nuwe lied, want Hy het wonderlike dinge gedoen; Sy regterhand en Sy afgesonderde arm het vir Hom die oorwinning gebring.

2. יהוה het Sy verlossing bekend gemaak, Sy onpartydige opregtheid voor die oë van die nasies openbaar.

3. Hy het Sy onverdiende guns en waarheid teenoor die huis van Yisra’el onthou; al die eindes van die aarde het die verlossing van ons God gesien.

4. Roep uit van vreugde tot יהוה die hele aarde; juig, jubel, sing en maak musiek!

5. Sing en maak musiek tot יהוה met die harp, met die harp en die stem van sang, begelei met instrumente,

6. juig met harde klanke van trompette en ramshorings voor die Teenwoordigheid van יהוה, die Koning!

7. Laat die see en sy volheid raas, die wêreld en hulle wat daarin woon.

8. Laat die riviere hulle hande klap, die heuwels saam vreugdevol wees

9. voor die Teenwoordigheid van יהוה, want Hy kom om die aarde te oordeel; met onpartydige opregtheid sal Hy die wêreld oordeel, die mense met gelykheid.

Lees volledige hoofstuk Psalms 98