Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 97:1-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. יהוה heers; laat die aarde hom verheug; laat die baie eilande bly wees!Heb 1:8

2. Wolke en donkerheid is rondom Hom; onpartydige opregtheid en regverdige oordeel is die fondasie van Sy troon.2 Kef 3:10-12

3. Vuur gaan voor Hom uit en verbrand Sy vyande rondom.

4. Sy weerligstrale verlig die wêreld; die aarde het gesien en gebewe.

5. Die heuwels smelt soos was voor die Teenwoordigheid van יהוה, voor die Teenwoordigheid van die Meester van die hele aarde.

6. Die hemele verklaar Sy onpartydige opregtheid en al die volke sien Sy lof, eer en aanbidding.

7. Beskaamd staan almal wat gemaakte beelde dien, wat hulle op afgode beroem; aanbid Hom, alle magtiges.

8. Tziyon het gehoor en was bly en die dogters van Y’hudah verheug hulle oor U oordele, o יהוה,

9. want U, יהוה, is hoog verhewe oor die hele aarde; U is hoog verhewe bo alle gode.

10. Julle wat יהוה liefhet, moet die boosheid haat! Hy bewaar die lewens van Sy afgesonderdes; Hy bevry hulle uit die hand van die bose.

11. Die lig skyn vir die onpartydig-opregte en blydskap vir die opregtes van verstand, wil en emosie.

12. Verheug julle in יהוה, regverdiges en loof en dank met hande uitgestrek by die herinnering aan Sy afgesonderdheid!Open 5:9

Lees volledige hoofstuk Psalms 97