Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 96:1-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Sing tot יהוה ’n nuwe lied; sing tot יהוה, die hele aarde!

2. Sing tot יהוה, loof Sy Naam (Karakter en Outoriteit), verkondig Sy verlossing van dag tot dag.

3. Verkondig Sy lof, eer en aanbidding aan al die nasies, Sy wonders onder al die volke,

4. want יהוה is groot en waardig om helder en duidelik geloof te word; Hy moet respekvol gevrees word bo alle gode,

5. want al die gode van die nasies is leeg, maar יהוה het die hemele gemaak.

6. Eer en majesteit is voor Sy Teenwoordigheid, sterkte en mooiheid is in Sy Afgesonderde Plek.

7. Gee aan יהוה, o familie van die volke, gee aan יהוה eer, lof en aanbidding.

8. Gee aan יהוה die eer, lof en aanbidding wat Sy Karakter en Outoriteit (Naam) waardig is; bring ’n offer en kom in Sy howe in.

9. Val op jou gesig neer voor יהוה in die tempel van afgesonderdheid; bewe voor Hom, o hele aarde!

10. Sê onder die volke dat יהוה heers! Die wêreld sal gevestig word sodat dit nie beweeg kan word nie. Hy sal die volke regverdig oordeel.

11. Laat die hemele hulle verheug en die aarde bly wees; laat die see en sy volheid raas.

12. Laat die veld spring van vreugde en alles wat daarin is; dan sal al die bome van die woud uitroep van vreugde

Lees volledige hoofstuk Psalms 96