Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 95:1-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Kom, laat ons uitroep van vreugde tot יהוה, ’n harde geraas maak van blydskap tot die God van ons verlossing.

2. Laat ons met uitgestrekte hande in lof voor Sy Teenwoordigheid kom en uitroep van vreugde met instrumentale musiek,

3. want יהוה is ’n groot God en ’n groot Koning bo alle gode.

4. In Sy hande is die fondasies van die aarde; die sterkte van die heuwels is ook Syne.

5. Die see behoort aan Hom, Hy het dit gemaak, Sy hande het die droë land gevorm.

6. Kom, laat ons op ons gesigte neerval en neerbuig; laat ons kniel voor יהוה, ons Maker,

7. want Hy is ons God en ons is die volk van Sy weiveld en die skape van Sy hand. Vandag, as jy maar Sy stem wil hoor, luister en doen.Heb 3:10,11,15

8. Moenie julle verstand, wil en emosie verhard soos in die uittarting en soos op die dag van versoeking in die wildernis

9. toe julle vaders My getoets het, My beproef het en My werk gesien het nie.Ps 103:8-10

10. Veertig jaar lank het Ek getreur oor daardie geslag en gesê: “Hulle is ’n volk wat verkeerd doen in hulle verstand, wil en emosie en hulle het nie My lewenswyse geken nie;Heb 4:3,5

Lees volledige hoofstuk Psalms 95