Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 94:4-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. Hulle uiter en praat onregverdighede; hulle praat allerhande bose dinge,

5. want hulle het U volk verneder, o יהוה, U erfenis onderdruk.

6. Hulle maak die weduwee en die onskuldige dood en vermoor die vaderlose.

7. Tog sê hulle: “יהוה sien dit nie en die God van Ya’akov ag dit ook nie.”

8. Verstaan, o onverstandiges onder die volk en julle dwase, wanneer sal julle wys word?

9. Sou Hy wat die oor geplant het, nie hoor nie, of Hy wat die oog gevorm het, sal Hy nie sien nie?

10. Sou Hy wat die nasies tugtig, nie straf nie; Hy wat die mens kennis leer, sal Hy nie weet nie?1 Kor 3:20

11. יהוה ken die gedagtes van die mens; dit is soos ’n asem.

12. Geseënd is die man wat deur U gedissiplineer word, o יהוה en wat deur U geleer word vanuit U wet

13. dat U hom rus kan gee van die dae van teëspoed totdat die put vir die bose gegrawe sal word,1 Sh'm 12:22; Rom 11:2 en ook nie Sy erfenis verlaat nie,

14. want יהוה sal nie Sy volk eenkant gooi nie

Lees volledige hoofstuk Psalms 94