Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 89:41-48 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

41. Almal wat verbygaan het op hom getrap; hy het ’n bespotting vir sy bure geword.

42. U het die regterhand van sy teëstanders opgestel; U het al sy vyande bly gemaak.

43. U het die snykant van sy swaard gedraai en hom nie ondersteun in die geveg nie.

44. U het sy lof en eer laat ophou en sy troon teen die grond neergegooi.

45. U het die dae van sy jeug verkort, hom met skaamte oordek.

46. Hoe lank sal U, o יהוה, kwaad wees? Sal U woede vir ewig brand soos ’n vuur?

47. Onthou my vanaf die tyd wat ek geskep is, want U het alle mense nie sonder rede geskep nie.

48. Wie is die mens wat leef en nie die dood sal sien nie? Sal hy sy lewe red uit die hand van Sh’ol?

Lees volledige hoofstuk Psalms 89