Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 89:24-34 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

24. maar My getrouheid en onverdiende guns sal by hom wees en in My Karakter en Outoriteit (Naam) sal sy horing opgelig word.

25. Ek sal sy hand ook op die see lê en sy regterhand op die riviere.Heb 1:5

26. Hy sal na My toe uitroep: ‘U is my Vader, my God en my Magtige Verlosser!’

27. Ék sal hom My eersgeborene maak en hom verhoog bo die konings van die aarde.

28. Ek sal My goedheid vir ewig vir hom hou en My verbond sal vas staan met hom.

29. Ek sal ook sy nageslag vir ewig laat duur en sy troon soos die dae van die hemel.

30. As sy seuns My wet verlaat en nie in My oordele lewe nie,

31. as hulle My instellings verbreek en My opdragte nie uitvoer nie,

32. dan sal Ek hulle oortredinge met die lat besoek en hulle onregverdigheid met houe.

33. Nogtans sal Ek My liefdevolle goedheid nie heeltemal van hom af wegvat of My goedheid laat faal nie.

34. Ek sal ook nie My verbond verwerp, of die dinge wat oor My lippe gegaan het, verander nie.

Lees volledige hoofstuk Psalms 89