Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 89:12-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. Die noorde en die suide, U het hulle geskep; Tavor en Hermon sal in U Naam (Karakter en Outoriteit) sing van vreugde.

13. Dit is U arm en dit is U mag; U hand is sterk en U hand sal opgelig word.Heb 1:8

14. U troon word gebou op onpartydige opregtheid en regverdige oordeel; onverdiende guns en waarheid gaan voor U Teenwoordigheid uit.

15. Gelukkig is die volk wat U Gemanifesteerde Teenwoordigheid ken; o יהוה, hulle sal in die lig van U aangesig loop.

16. In U Naam (Karakter en Outoriteit) sal hulle die hele dag lank juig en deur U onpartydige opregtheid opgelig word,

17. want U is die Mooiheid van ons sterkte en deur U guns sal ons horing opgelig word,

18. want יהוה is ons Versekerde Verwagting en die Afgesonderde Een van Yisra’el is ons Koning.

19. Toe het Hy in visioene gepraat met Sy regverdige en gesê: “Ek het hulp verleen aan ’n man, Ek het een opgelig wat vanuit die volk gekies is.Hand 13:22

20. Ek het Dawid, My dienskneg, gevind; met My afgesonderde olie het Ek hom gesalf.

21. My hand het hom gehelp, My arm het hom ook versterk.

Lees volledige hoofstuk Psalms 89