Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 88:9-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. My oë is verswak deur te huil. יהוה, ek het daagliks na U toe uitgeroep, ek het my hande uitgesteek na U toe.

10. Let op, U sal wonders aan die dooies wys; die magtiges sal opstaan en U loof en dank met uitgestrekte hande.

11. Hulle wat in die graf is sal U liefdevolle goedheid verkondig en U getrouheid in verwoesting.

12. U wonders sal bekend wees in die duisternis en U onpartydige opregtheid in die land wat in die steek gelaat is.

13. Ek het egter na U geroep, o יהוה en in die oggend sal my gebed vroeg voor U kom.

14. יהוה, verstoot nie my lewe en draai nie U gesig weg van my nie.

15. Ek is arm en neergebuig van my jeug af; ek was trots, maar nou is ek verneder en vergruis.

16. U intense woede gaan oor my; U verskrikkinge het my stil gemaak;

17. hulle het my elke dag omring soos water, hulleself opgestel rondom my.

18. U het vriende en naaste ver van my verwyder; die wat my ken, het U van my af weggehou.

Lees volledige hoofstuk Psalms 88