Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 86:1-17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. ’n Gebed van Dawid. Draai U oor na my, o יהוה, hoor my, want ek is arm en behoeftig.

2. Bewaar my lewe, want U is afgesonderd; o my God, red U dienskneg wat in U vertrou.

3. Wees my goedgunstig, o יהוה, want ek roep elke dag na U.

4. Verbly die lewe van U dienskneg, want tot U, o יהוה, lig ek my lewe op,

5. want U, o יהוה, is goed en U liefdevolle goedheid is oorvloedig vir almal wat U aanroep.

6. Luister na my gebed, o יהוה en gee aandag aan die stem van my smekinge.

7. In die dag van my moeilikheid het ek na U geroep en U het my geantwoord.

8. Daar is niemand soos U, o יהוה my God en daar is geen dade soos U s’n nie.

9. Al die nasies wat deur U gemaak is, sal kom en voor U neerbuig, o יהוה en U volle Karakter en Outoriteit (Naam) loof en eer,Open 15:3

10. want U is groot en doen wonderlike dinge; U alleen is God.

11. Wys my U lewenswyses, ek sal in U waarheid lewe; my verstand, wil en emosie sal bly wees saam met hulle wat U Naam (Karakter en Outoriteit) aanbid.

12. Ek sal U loof en dank met uitgestrekte hande, o יהוה, my God, met my hele verstand, wil en emosie en ek sal U Naam (Karakter en Outoriteit) vir ewig loof, eer en aanbid,

13. want U liefdevolle goedheid is groot teenoor my en U het my lewe uit die dieptes van Sh’ol bevry.

14. O God, die bose het teen my opgestaan en die vergadering van gewelddadige manne soek my lewe en hulle dink nie aan U nie,

15. maar U, o יהוה-God, is vol liefdevolle omgee en onverdiende guns, lankmoedig en oorvloedig in goedheid en waarheid.

16. Draai na my toe en bewys aan my onverdiende guns; gee krag aan U dienskneg en red die seun van U diensmaagd.

17. Wys aan my ’n teken ten goede sodat hulle wat my haat dit kan sien en beskaamd kan staan omdat U, o יהוה, my gehelp en vertroos het.

Lees volledige hoofstuk Psalms 86