Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 85:1-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Vir die musiekleier: ’n gedig van die seuns van Korag, met instrumentale musiek. 2 יהוה, U was goedgunstig tot U land; U het die gevangeskap van Ya’akov omgedraai.

2. U het die oortredinge van U volk vergewe, al hulle sondes bedek.

3. U het al U woede weggevat, U het die intensiteit van U woede teruggetrek.

4. Herstel ons, o God, ons Verlosser en laat U woede teen ons ophou!

5. Wees nie vir ewig vir ons kwaad nie, hou nie U woede teen al die geslagte nie.

6. Herstel ons en wek ons op sodat U volk hulleself in U kan verheug.

7. Wys ons U onverdiende guns, o יהוה en gee aan ons U verlossing!

8. Ek sal hoor wat יהוה, ons God, sal sê, want Hy sal vrede oor Sy volk en oor Sy afgesonderdes praat dat hulle nie weer tot dwaasheid sal draai nie!

9. Sy verlossing is sekerlik naby aan die wat Hom respekvol vrees, laat Sy Gemanifesteerde Teenwoordigheid in ons land bly.

Lees volledige hoofstuk Psalms 85