Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 83:10-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

10. wat vernietig is by `Ein-dor; hulle het soos mis geword vir die grond.

11. Vernietig hulle edeles, soos `Orev en Ze’ev; ja al hulle prinse soos Zevag en Tzalmuna,

12. want hulle het gesê: “Laat ons die stad van God vir onsself erf!

13. O, my God, maak hulle soos ’n draaiende wiel en soos stoppels voor die wind.

14. Soos vuur ’n bos brand en soos die vlam die berge aan die brand steek;

15. vervolg hulle só met U hewige storm en maak hulle bang met U storm.

16. Bedek hulle gesigte met skande sodat hulle U Naam (Karakter en Outoriteit) kan soek, o יהוה!

Lees volledige hoofstuk Psalms 83