Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 83:1-5 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. ’n Lied, ’n gedig van Asaf, met instrumentale musiek. 2 O God, wie is soos U? Moenie swyg en stil wees nie, o God,

2. want let op, U vyande is rasend en hulle wat U haat het hulle kop opgelig teen U volk.

3. Hulle het listige raad geneem en het beraadslaag teen hulle wat deur U gekies is.

4. Hulle het gesê: “Kom, laat ons hulle vernietig vanuit tussen die nasies sodat die naam van Yisra’el nie meer onthou word nie,

5. want hulle het saamgestem met een verstand, wil en emosie; hulle het saamgestaan teen U:

Lees volledige hoofstuk Psalms 83