Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 79:7-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. want hulle het Ya’akov verteer en sy blyplek verwoes.

8. Onthou nie ons vorige sondes teen ons nie; laat U liefdevolle goedheid ons gou inhaal, want ons is heeltemal nederig gemaak.

9. Help ons, o God van ons verlossing, vir die lof en eer van U Naam en bevry ons en reinig ons van ons sondes ter wille van U Naam (Karakter en Outoriteit).Open 6:10

10. Waarom sou die ander nasies sê: “Waar is hulle God?” Laat Hom voor ons oë aan die ander nasies bekend word deur die bloed van U diensknegte, wat vergiet is, te wreek.

11. Laat die gesug van die gevangene voor U Teenwoordigheid kom; volgens die grootheid van U krag, bevry U hulle wat veroordeel is tot die dood

12. en vergeld ons bure sewevoudig teen hulle bors met die bespotting waarmee hulle U, o יהוה, gespot het.

13. Ons, U volk en die skape van U weivelde, sal U vir ewig loof en dank met uitgestrekte hande en aan alle geslagte U lofprysing wys.

Lees volledige hoofstuk Psalms 79