Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 79:4-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. Ons het vir ons bure ’n bespotting geword, om voor te lag en ’n grap vir die wat rondom ons is.

5. Hoe lank, יהוה, sal U woede brand soos vuur? Sal U vir ewig kwaad wees?Yes 66:15; Yir 10:25; 2 Thes 1:8

6. Gooi U woede uit oor die ander nasies wat U nie geken het nie en oor die koninkryke wat nie U Naam (Karakter en Outoriteit) aangeroep het nie,

7. want hulle het Ya’akov verteer en sy blyplek verwoes.

8. Onthou nie ons vorige sondes teen ons nie; laat U liefdevolle goedheid ons gou inhaal, want ons is heeltemal nederig gemaak.

9. Help ons, o God van ons verlossing, vir die lof en eer van U Naam en bevry ons en reinig ons van ons sondes ter wille van U Naam (Karakter en Outoriteit).Open 6:10

10. Waarom sou die ander nasies sê: “Waar is hulle God?” Laat Hom voor ons oë aan die ander nasies bekend word deur die bloed van U diensknegte, wat vergiet is, te wreek.

11. Laat die gesug van die gevangene voor U Teenwoordigheid kom; volgens die grootheid van U krag, bevry U hulle wat veroordeel is tot die dood

12. en vergeld ons bure sewevoudig teen hulle bors met die bespotting waarmee hulle U, o יהוה, gespot het.

13. Ons, U volk en die skape van U weivelde, sal U vir ewig loof en dank met uitgestrekte hande en aan alle geslagte U lofprysing wys.

Lees volledige hoofstuk Psalms 79