Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 79:1-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. ’n Gedig van Asaf, met instrumentale musiek. O God, ander nasies het in U erfenis ingekom; hulle het U afgesonderde tempel onteer; hulle het Yerushalayim in puinhope gelaat.

2. Hulle het die lyke van U diensknegte aan die voëls van die hemel as kos gegee, die vlees van U afgesonderdes aan die wilde diere van die land.

3. Hulle het húlle bloed rondom Yerushalayim soos water uitgegooi en daar was niemand om hulle te begrawe nie.

4. Ons het vir ons bure ’n bespotting geword, om voor te lag en ’n grap vir die wat rondom ons is.

5. Hoe lank, יהוה, sal U woede brand soos vuur? Sal U vir ewig kwaad wees?Yes 66:15; Yir 10:25; 2 Thes 1:8

6. Gooi U woede uit oor die ander nasies wat U nie geken het nie en oor die koninkryke wat nie U Naam (Karakter en Outoriteit) aangeroep het nie,

7. want hulle het Ya’akov verteer en sy blyplek verwoes.

8. Onthou nie ons vorige sondes teen ons nie; laat U liefdevolle goedheid ons gou inhaal, want ons is heeltemal nederig gemaak.

9. Help ons, o God van ons verlossing, vir die lof en eer van U Naam en bevry ons en reinig ons van ons sondes ter wille van U Naam (Karakter en Outoriteit).Open 6:10

10. Waarom sou die ander nasies sê: “Waar is hulle God?” Laat Hom voor ons oë aan die ander nasies bekend word deur die bloed van U diensknegte, wat vergiet is, te wreek.

11. Laat die gesug van die gevangene voor U Teenwoordigheid kom; volgens die grootheid van U krag, bevry U hulle wat veroordeel is tot die dood

12. en vergeld ons bure sewevoudig teen hulle bors met die bespotting waarmee hulle U, o יהוה, gespot het.

Lees volledige hoofstuk Psalms 79