Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 77:2-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

2. Op die dag van my moeilikheid het ek na יהוה gesoek; my foltering het deur die nag aangehou en nie opgehou nie; daar was geen trooster vir my lewe nie.

3. Toe ek onthou het, o God, was ek omgekrap; ek het dit deurdink en my gees was oorweldig.

4. My oë is verdof; ek is stom sodat ek nie kan praat nie.

5. Ek het die ou dae oordink, ek neem die jare van die ou tyd in ag.

6. Ek oordink ver in die nag in, ek kommunikeer met my eie verstand, wil en emosie; ek het my lewe ondersoek en gesê:

7. “Het יהוה my vir ewig in die steek gelaat en sal Hy nooit weer goedgunstig wees nie?

8. Is Sy onverdiende guns vir ewig verby, faal Sy belofte ewiglik?

9. Het God vergeet om goedgunstig te wees? Het Hy Sy liefdevolle omgee toegesluit in Sy woede?”

10. Ek het ook gesê: “Dit is my kranklikheid; dit is nog ’n besoek van die krag van die Allerhoogste!”

11. Ek sal die dade van Yah onthou; ek sal sekerlik die wonders van ouds onthou.

12. Ek sal ook al U werk oordink en dink aan U bekwame dade.

13. U werkswyse is afgesonderd, o God; daar is niemand so groot soos ons God nie.

14. U is die God wat wonders doen; U het U sterkte onder die mense verklaar.

15. U het U volk met U arm verlos, die seuns van Ya’akov en van Yosef.

16. Die waters het U gesien, o God, die waters het U gesien; hulle was bang en die dieptes was ook omgekrap.

17. Die wolke het water uitgegiet, die hemele het ’n klank laat hoor; U pyle het rondgevlieg.

18. Die stem van U donder was in die hemele; die weerligstrale het die wêreld verlig; die aarde het gebewe en geskud.

Lees volledige hoofstuk Psalms 77