Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 76:1-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Vir die musiekleier: ’n gedig van Asaf met instrumentale musiek, met snaarinstrumente; ’n lied. 2 God is bekend in Y’hudah, Sy Naam (Karakter en Outoriteit) is groot in Yisra’el.

2. In Shalem is Sy Tent (Tabernakel) en in Tziyon Sy blyplek.

3. Daar het Hy die pyle van die boog verbreek, die skild en die swaard in die geveg.

4. U is glansryk en kragtig vanaf U magtige berge!

5. Al die dwase van verstand, wil en emosie is gebroke; die dapper magtige manne het hul laaste slaap geslaap.

6. Hulle kon nie hul hande gebruik deur U bestraffing nie, o God van Ya’akov; die ruiters is in ’n dooie slaap gegooi.

7. U, ja U moet gevrees word; wie mag staan in U Teenwoordigheid wanneer U eers kwaad is?

8. U het oordeel laat hoor vanaf die hemel; die aarde het dit gesien en gebewe

9. toe God opgestaan het vir die oordeel, om al die saggeaardes van die aarde te red.

10. Die wysheid van die mens sal U loof met uitgestrekte hande; U sal die oorblyfsel van sy woede beperk.

Lees volledige hoofstuk Psalms 76